<
| Temba Tuis | Navrae    
Temba

Thakadu Lodge - Ghanzi

Perfekte bekostigbare akkommodasie vir die op self-ry toere naby Ghanzi in Botswana.

BOOK NOW AND ONLY PAY 5% ON YOUR BOOKING

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>


Thakadu Camp - Algemeen

Thakadu Lodge word deur die eienaars bestuur, en hulle gaan regtig uit hul pad om seker te maak dat jy jou verblyf geniet. Hulle sien daarna uit om jou en jou gesin met ware Ghanzi gasvryheid te bederf.

By Thakadu is jy nie net naby aan Ghanzi nie, maar jy is ook in die natuur terwyl jy gerieflike fasiliteite teen bekostigbare pryse geniet.

Dit is die ideale oornagpunt tussen Maun en Namibië, of Suid-Afrika, maar jy moet regtig probeer om ‘n bietjie langer te bly. Jy sal die omgewing eers teen die tweede aand begin waardeer.

Die Ligging

Thakadu Lodge en Kamp is omtrent 5 km suid van Ghanzi in otswana. Hierdie pragtige kamp, wat op ‘n wildplaas geleë is, kyk op ‘n natuurlik pan uit wat regdeur die jaar water het en deur stokou hardekool-bome omring is.

 

Akkommodasie

Thakadu bied ‘n verskeidenheid gerieflike tog bekostigbare akkommodasie aan.

Die chalets is hoofsaaklik van plaaslike materiale gebou, lugversorg, ruim met drie beddens en ‘n baie groot badkamer.

 

Die en-suite meru-tente is bietjie minder luuks, maar steeds ruim met alle geriewe wat jy na ‘n lang dag agter die stuurwiel sal geniet. 

Al die chalets en meru-tente het ‘n groot dek en tee-/koffie-stasies.

Die kampterrein is baie goed toegerus met elektriese punte en pragtige gemeenskaplike ablusieblokke.

Die restaurant en kroeg by Thakadu is basies, gerieflik, die kos is goed en die gasvryheid is werklik buitengewoon. Jy kan selfs toegang kry tot hoëspoed-internet terwyl jy ‘n koue bier of ‘n heerlike en bekostigbare maaltyd geniet. Maak nie saak wat jy verkies nie: Chris, Janette en hul personeel by Thakadu-Kamp is reg om jou te pamperlang.

 

 

Aktiwiteite

Die volgende aktiwiteite kan gereël word: perdritte, wildbesigtiging op staptogte, stap saam met die San, tradisionele San-danse en begeleide ritte in die omgewing.

Die pan los ‘n yslike verskeidenheid voëls. Talle boksoorte besoek die watergat om hul dors te les en die gaste by Thakadu geniet dit terdeë. Jy sal onder andere elande, springbokke, wildebeeste ensovoorts sien. Jy kan dalk selfs die gebrul van ‘n leeu hoor.

 

 

Temba